God het my lief, en ek …?!

in Preke
2017-02-26

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum: 19 Feb 2017

Skrif: Joh 3:14-16 

Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het … Die inisiatief vir ons redding kom van God. In die woestyn laat Hy Moses dit doen, met ons redding kom doen Hy self. God stuur sy Seun Jesus Christus. Sy hoofrede: Liefde! Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Hierdie liefde vergaan nooit nie. God sê nie: Die klomp mense is so goddeloos Ek gaan hulle swaar straf, dissiplineer nie! Nie vir Homself nie, maar vir ons. God van liefde is nie gelukkig totdat sy kinders huis toe gekom het nie.

En ek …?! God het ons so lief asof daar net een van ons is. Ek neem vanoggend nagmaal, hier in sy kerk. Ek kom antwoord, meld aan: U Lig dring my om lief te hê. Geloof wat die ewige lewe tot gevolg het, reageer so op God se ongelooflike liefde wanneer mens jouself in geheel verbind aan wat Christus aan die kruis verwerf het. Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun stuur Hy na die wêreld sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het, maar die liefde wat Hy aan ons bewys deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys, behoort ons mekaar ook lief te hê. Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort

Liefde is hande wat liefde doen! Mooi goed aan ander doen om hul lewens mooi te maak.Liefde sit geluk op mense se gesigte.  Liefde is om mooi goed aan ander te doen om hulle lewens mooi te maak.

Karen het op dag agtergekom sy verwag. Sy het ‘n seuntjie van 3 jaar. Sy verwag ‘n dogtertjie. Haar seuntjie het graag by sy mammie gaan sit en sing vir die ongebore baba. So het hy ‘n band van liefde met die sussie gebou. Toe die dogtertjie gebore is, het dinge verkeerd geloop en toe sy uiteindelik in haar mammie se arms moes lê, was sy baie ernstig siek. Die dokters het toe gesien sy gaan nie bly leef nie. Sy is nog in die nag oorgeplaas na ‘n kinderhospitaal. Sy was ‘n hele paar dae daar en sy het net swakker en sieker geword. Die dokter het toe vir die mammie gesê sy is besig om te sterf. Hulle het toe begin om haar begrafnis te reël. Klein Michael smeek sy ouers om vir sy sussie te gaan sing. Kinders word glad nie toegelaat. Sy mamma het hom probeer insmokkel maar die suster het haar uitgevang. Hy mag nie ingaan. Ma Karin het gaan staan en gesê: Hy gaan nie uit voor hy nie vir sy sussie gesing het. Die laaste ietsie wat hy vir haar kan doen. Dan die wonder! Sy herstel. Jesus se liefde