As my erfporsie nooit opraak nie – uit die perspektief van die oudste seun.

in Preke
2017-04-10

Leraar: Ds. Deon Louw

Datum: 26 Maart 2017

Skrif: Lukas 15

Ons staan vanoggend stil by ‘n baie bekende en ‘n baie emosionele verhaal. ‘n Verhaal wat ons almal waarskynlik baie goed ken. Die verhaal van die verlore seun. Hierdie verhaal is al deur verskeie mense uitgebeeld in kunswerke, skilderye en liedere. Hier in die gemeente het ons ons eie skildery wat hierdie verhaal uitbeeld. Het jy al moeite gemaak en na hierdie skildery gaan kyk? Watter emosie maak dit in jou los? Kom ons lees hierdie verhaal saam uit die Woord van die Here.

Skriflesing

Lukas 15:1-vv

Woordverkondiging

Wanneer ons na die uitbeelding van hierdie gelykenis kyk raak dit ons persoonlik aan. Iewers kan ek met hierdie toneel identifiseer. Hierin is ‘n persoonlike tuiskoms wat vir my waar word. Dalk ‘’n ervaring wat ek gehad het. Dalk die ervaring dat ek vir ‘n ruk van my lewe van God af weggedraai het. Of bloot net die ervaring dat ek verlang na die liefde en genade van God.

Die verlore seun het ‘n geweldige groot eis aan sy pa gestel. Hy wil sy erfporsie hê. Die implikasie van hierdie versoek is dat hy die wens uitspreek; sy pa is dood vir hom. So draai hy sy rug op sy pa. Gewoontlik wanneer ons oor hierdie verhaal gesels word die klem geplaas op die verlore seun.

Vanoggend gaan ons kyk na die verhaal vanuit die perspektief van die oudste seun. Met die terugkeer van die verlore seun word hy ontvang nie soos die verwagting sou wees nie. Daarom is daar menslik gesproke baie begrip vir die oudste seun se reaksie. Hy is die een wat nie sy pa teleurstel nie. Hy is die een wat hard werk en sy kant bring. Hy is die een wat nie skande oor sy pa se familie bring nie. Hy is eintlik die een wat dit verdien om die behandeling te kry wat die verlore seun kry.

Die oudste seun is nog nie tuis gewees toe die genade van die vader aan die verlore seun bewys is nie. En dan kom hy op hierdie toneel af wat hy as onregverdig beleef. Wanneer ons in die skoene van die oudste seun staan mag ons dalk ‘n stryd van ons innerlike lewe beleef. Dit bring my by die volgende aanhaling van Henri Nouwen:

“Deur nie net die jonger seun in sy pa se arms te skilder nie, maar ook die ouer seun wat nog moet kies vir of teen die liefde wat hom aangebied word, lei Rembrandt ‘n mens in die innerlike drama van ons siel – syne sowel as myne.”

Die oudste seun word die belangrikste toeskouer. Wat maak dit van my wanneer ek dalk in sy skoene kan staan? Hoe lyk hierdie toneel wat voor my afspeel en hoe laat dit my voel? ‘n Interessante opmerking wat ek raak gelees het in my voorbereiding omtrent hierdie skildery is dat die toneel van die terugkeer soms beskou word as die middelpunt, maar in die geval van die skildery van Rembrandt is dit nie die middelpunt op die doek nie.

Meeste van die tyd val die klem van hierdie gelykenis gewoontlik op die terugkeer  van die verlore seun. My gebed is dat ons die toeskouers mag word. Wanneer dit die geval is sal ons ook agterkom dat die ouer seun ‘n gemeenskaplikheid met die pa het, wat kleredrag en rykdom en teenwoordigheid insluit.

Sy reaksie toon dieper roep na die deel in geregtigheid. Wat is die regverdige ding wat moet gebeur? Hoe verstaan ons nie die genade nie? Die oudste seun word ook die tweede verlore seun.

Die oudst seun het reeds deel aan dit wat aan die vader behoort. Hy moet net weer daaraan herinner word. Moet ek ook dalk net weer vanoggend daaraan herinner word?

Vind ek redes dat ek met die oudste seun kan assosieer? As jy dak die oudste seun is kan jy dalk hierdie posissie in die gesin goed verstaan. My plek as ouer seun maak dat ek tog meer hiervan verstaan as wat ek dink. Die fees word nie uitgebeeld nie, maar daar val ‘n lig op hierdie toneel.

“Die vreugde wat Rembrandt hier uitbeeld is die stil vreugde wat hier in God se woning.”

Ek as kind van die Here leef in die teenwoordigheid van God – soms moet ek net opnuut weer daaraan herinner word. Die vader se liefde roep hom ook op! Wat het van die ouer seun geword? Het hy deel aan feesmaal? Is hy terug veld toe? Het hy anders begin dink oor sy plek in sy vader se huis?

Lied 334:1-4 “God is liefde! Juig ons harte”

Daarom het ek die geleentheid en die voorreg om die storie van die oudste seun verder te vertel. My reaksie op hierdie verhaal en wat ek die Gees van God gaan toelaat om met my te maak sal vertel wat word van die oudste seun. Wat gaan dit wees?

Vanoggend word ek weer opnuut daaraan herinner dat ek reeds deel het van my vaderhuis. Ek leef in Sy teenwoordigheid. Ons groet mekaar voor en na die erediens met die Naam van die Een in wie se teenwoordigheid ek leef. Hoe gaan hierdie verhaal verder afspeel? Ek word nie deur God gedwing nie – en het die keuse. Hoe gaan ek hierop reageer? Ek het deel aan ‘n erfporsie wat nooit opraak nie. Ek moet daarteen waak dat ek nie die ander verlore seun word nie.

“God se liefde hang nie af van ons berou of ons verandering na binne of buite nie. Dit maak nie saak of ek die jonger of die oudste seun is nie, God wil my net huis toe bring.” Henri Nouwen

Leef ‘n lewe van vertroue en dankbaarheid begenadigde