Dis nag en donker!

in Preke
2017-05-08

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum: 30 April 2017

Skrif: Joh 20:1-16 Mark 15:33

Dis nag en donker! Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis … dit het tot omtrent drie uur geduur. Die son het opgehou skyn. Mark 15:47 Maria Magdalena … waar Hy neergelê word (Jesus se begrafnis). Maria Magdalena keer terug na graf die Sondagmôre met hartseer, teleurstelling, frustrasie. Dis donker. Jesus is weg!! Sy gaan soek hulp, deel nuus en keer terug. Sonder antwoorde! En dan …?

Die leë graf!! Presies wat gebeur hier by die graf wanneer Maria Magdalena die opgestane Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet? Hier breek lig deur! Daar gaan lig op? Izak de Villiers sê: Daar skyn lig uit die leë graf, wonderlike lig wat die donker verdryf. Hy sê: Soos kersie in die nag van die wêreld, klein lantern teen die donker wind, klein flitslig wat ons help om ons pad te kry. Grieks Ortodokse kerk een Saterdagaand 23h30 gemeente-lede in tuin met kerse, wag dat deur van katedraal twaalfuur oopgesluit word. So salig gelyk, so vol vreugde! Mens wens so Christene skyn saam soos kerse in die nag. Soms lyk Christene eerder soos donker grafte!

Weder opstanding: Rembrandt se skildery 1635: In die aangesig van Lig, struikel mense in die skildery soos ‘n verwarde groep! Rembrandt gebruik dieselfde tegniek as wat Caravaggio met soveel sukses gebruik het: ‘n sterk lig wat die omringende donker verlig! Maria en die ander was verward, verlore, alleen, bedroef en dan volg nou die verwarring by die graf. Sy kom terwyl dit nog donker is. Graf leeg of te donker om te sien? Wanneer terugkom, is daar lig. Beweging van donker na lig. Lig en duister prominent in Joh evangelie. Pase vier oorwinning van Lig oor duister!! Jan Harm Taljaard vlieg gratis vliegopleiding sessie. Terwyl hy wag dat instrukteur terugkom, maar die klein vliegtuig val en instrukteur en leerling sterf. As Jan dan huis toe ry, wat gaan deur sy gemoed? Lig beteken dat ons uit Jesus se opstanding die draers van hoop is.

Dr Kowie Moller: Krisis operasie op hond wat rug sleg gebreek het. In die nag. Swart assistant wat help. Hy moet spiere en senuwees teen die ruggraat oplig. Verskriklik baie senuwees en bloed-are daar. Jy kan nie bloed net opvee, jy moet met masjien suig anders beskadig jy rugsenuwees. Op krisispunt gaan krag af. Ek vloek sommer!! Dr ek dink dit sal meer help as ons nou bid. Nou goed bid jy dan. Ek sal maar net as dokter ook bid!! Daar bid hul twee op die krisismoment van operasie!! Gevolg. Enigste keer in sy hele lewe is daar geen oortollige bloed of enige bloeding, en hul voltooi opersaie in flitslig. En die hond? Week later begin weer loop. God se lig in ons duisternis. Hoor jy die paasfeesklokke: Melchior Teschner 1613 Fraustadt Hierdie lied skryf hy na 5 maande waarin rottepes 2000 mense se lewens eis in Fraustadt. Hy was musiekskrywer, ook predikant, en is in 1609 beroep na sy tuisdorp, Lutherse gemeente met die naam “Kleine krip van Christus. Net soos na Jesus se geboorte Herodes ‘n klomp seuntjies laat dood maak het, het hierdie plaag 2000 mense laat sterf. Hy skryf hierdie lied om sy ongelooflike ervaring van sy en ander se oorlewing te beskryf. Hy het egter na ‘n ander gemeente gegaan. Hoop! Lewe! Christus: Hy is Lig en die duisternis kon dit nie uitdoof! Joh 1:5