Gos se vrede

in Preke
2017-07-02

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum: 25 Junie 2017

Skrif: Romeine 15:13

Die Romeine brief werk op baie sistematiese wyse deur die geloofswaarhede om ons geloof in ‘n raamwerk te plaas en maak die geloofsake baie duidelik. Soos die brief nader kom aan die einde, is dit asof Paulus die pitkos aanvul met ‘n heerlike nagereg. Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

God wil hoop nuwe betekenis gee, nuwe inhoud. Nuwe belewenis!! Hierdie hoop bring nuwe vrede, vreugde. Onthou deurwinterde Christene, kinders van God, is dankbare, waarderende mensies! Ons wil vrolik wees, maar dink nie kos, geld bring geluk. Saameet is ‘n eg Bybelse manier van deel. Goeie bonus, lekker huis en lekker omstandighede kan vreugde bring. Vreugde: is egter iets wat hier diep in ons innerlike gewortel is. Ons kan trane van vreugde stort by die aanhoor van goeie nuus. Sondag met Vicky en die kinders se doop. Die geboorte van klein mensie! Goddelike vreugde! Dis iets wat uit God ontstaan en wat die Heilige Gees hier in my binneste laat gebeur! Ma op parkeerterrein met ‘n omgesukkelde seuntjie! (ek sou sy boude vuurwarm klop!) Sy haal die kind uit die motor sonder om hom te ruk. Die outjie word kalmer omdat daar ‘n kalmte uit haar binneste en gesig straal! Christus se vreugde is iets van die bewustheid van die innerlike Teenwoordigheid van die lewende Here deur sy Heilige Gees.

Vrede en vreugde loop hand aan hand Dis nie maar net die afwesigheid van vyandigheid nie, dis ‘n innerlike waardigheid, balans, gevoel van behaaglikheid met die bewussyn van waters waar rus is, ‘n stemming wat fluister van aanbidding. Dis die werk van die HG wat hoop versterk. Paulus se wens vir die geliefdes in Rome, ons gebed vir mekaar. Jes: Vir ons is ‘n kind gebore, Hy sal genoem word … Vrede vors: Prince of Peace!! Ons leef in ‘n wêreld gevul met haat, seer, swaar, geweld. Hoe kan ons iets beleef van God se vrede? Vrede laat Ek vir julle na!! Harmonie, kalmte soos aangename musiek? Geestelike gemoedsrus en kalmte wat voortvloei uit ‘n liefdevolle omarming deur God omdat my sonde weggewas is.  Die Prins van vrede kom bring die mooiste mooi in ons lewens tot stand In die woestyn voel dit of ek tussen blomme wandel met hemelse musiek in my ore! Dit kan nooit van my weggeneem word nie. Deel van hierdie vrede is die HG wat in my woon en die mooiste in my na vore te bring. Soos ‘n blom in rotsagtige sanderige omgewing. Die HG vul ons lewens met liefde, vreugde en vrede! Ons het dit nie vanself nie, maar die 3-enige God straal dit in ons uit omdat Hyself in ons is. Nou loop ek oor daarvan en dit raak ander se lewens aan.  Die vrede van God gaan ons verstand te bowe, maar God is self hier in ons.  Maak nie saak hoe bitter moeilik dit gaan nie, die kragvolle liefde van God hang nie van my eie vermoë af nie, dit kom van God se alomteenwoordigheid en liefde!