Vrouekamp 2017

in Nuus
2017-07-02

Die dames van NG Kerk Alberton-Wes het die jaar heerlik vrouekamp gehou!

Dit was omtrent ‘n bederf naweek. Ons het heerlik geeet, gekuier, gesing en natuurlik heel belangrikste is dat on by mekaar geleer het van hoe God ‘n invloed in ons almal se lewens het. Dat God ons life het en gewbruik liggaam vir sy Koninkryk. God het ons bymekaar geroep, en ons het sy teenwoordigheid gevoel by ons die naweek.

Die here het ons voetstoots life. Geen pretensie nie, net soos ons is. Ons word geroep om hom te dien, soms voel dit of ons baie moet “opgee” vir die proses, maar besef ons dan dat God in beheer is, dat Hy vir sy kinders sorg. Ons almal het ons eie storie van hartseer, pyn, verlies of dalk dat jy nie goed genoeg is nie? By hierdie vrouekamp het ek net weer besef hoeveel merkwaardige vroue om my is. Vroue na wie ek kan opkyk en in verwondering staar. Vroue wat ek Sondae by die kerk sien en groet, maar min wetend dat hulle vegters is. Vegters vir hulle geloof, gesin en hulself. Dankie vir elkeen wat ‘n bydrae gelwer het vir die vrouekamp. Ek het beslis ‘n nuwe vriendekring bygekry en sien baie uit na die volgende vrouekamp. Ek hoop ek sien JOU ook daar.

Groete

Anel Louw