Laat U Koningkryk Kom!

in Preke
2017-08-13

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Skrif: Matt 6:7-13

Datum: 6 Aug 2017

11 Sept 2001 Al Kaida terroristegroep die wêreld handel sentrum. Koning Lodewyk XV Frankryk aanleiding tot Franse Revolusie. Een van sy absurde opdragte: God word verbied om hier wonderwerke te doen. Op las Lod XV koning van Frankryk. Vermoedelik oor sy bandelose lewe. Dag van ontmoeting met God gevrees. Hier mag God se koninkryk nie kom nie, Lod XV se koninkryk hier!! Absurd. Hoekom in preek aanhaal? Laat u koninkryk kom. Iets wat nog iewers moet gebeur? Is daar ‘n plek in die heelal waar dit nog nie gebeur het nie. Ps 24:1 Die aarde en alles wat daarop is, alles behoort aan die Here. Jesus se koms, die koninkryk van God het naby gekom. Waar Jesus is, daar is God se ryk tog.

Is God se koninkryk nie reeds hier nie? Natuurlik behoort alles aan die Here: elke doudruppel, elke roosgetinte berg, elke mossie, elke bossie, ja Hy is die Vader van gelowiges, die Koning van die heelal. In Christus het dit op ‘n nuwe en finale wyse gekom. As dit nie so is, kruis op Golgota, die leë graf, die hemelvaart, die pinkster alles leeg?! In die koms van Jesus, is nog steeds aan mense die geleentheid gelaat om keuses te maak.

Mense kies nog hul eie koninkryk bo God se Ryk! Doen ons dit, gebeur die ergste wat die mens hom kan indink. God laat so persoon aan hom/haarself oor. Hy laat sulke mensies oor hul eie rykies heers. Sulke mensies word in posisies gelaat om hulself teen duiselingwekkende spoed te vernietig. Kyk na wêreldgeskiedenis se massagrafte, oorloë, onreg, wreedhede, verwoes lewens en breek af. So lyk aardse rykies!! En tog, ons wil God se koninkryk ook maar inperk. Ons wil by tye nie hê God moet weet of besluit nie. Ons wil by tye ons eie koninkryk beheer, en ons rug op God en sy koninkryk draai!! Met God se heerskappy oor sy koninkryk skort niks. Ons verkies egter ons koninkrykies. Daarom is ons huiwerig om te vra dat God se koninkryk moet kom.

God kom saam met sy koninkryk. Hierdie bede bevestig dat God se koninkryk gekom het. Hier is iets moeiliks om te verstaan: Ons bid dat die koninkryk kom. Enersyds hier en andersyds nog leemte/ruimte. Ons bid dat meer en meer mense tot geloof kom. Die gebed om die koms van Gods koninkryk is nie net gerig op mense wat na God kom nie, maar ook dat God na mense kom. Daarom bid ons dat God ons sal onderwerp aan sy koninkryk en dat die wêreld oop sal wees op God se koms.

Ons gemeente: die afgelope 2-3 jaar ‘n knou gekry. Dit het gemaak dat hier skade aangerig is aan God se koninkryk. Liefde en vrede kenmerk God se koninkryk, daar is ook ‘n dinamiese HG aan die werk in God se ryk. Beleef ons dit in ons eie gemeente? Indien nie. Laat u ryk kom, begin by my!! Ek en jy moet slag diep inkyk in ons harte. God alles in ons almal?!! Kom ons begin ernstig bid en laat die Gees ons dan aangryp en Gods koninkryk intens laat gebeur. Ons gaan beplan, terwyl ons ernstig bid en smeek. Onsself beskikbaar stel. Kom ons haal die bordjies af wat sê God mag nie hier regeer nie.