Sola fidei

in Preke
2017-10-02

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum: 24 Spe 2017

Skrif: 1 Sam 17: 20-57

Sola fidei … Geloof alleen, net geloof! Mens moenie oor Goliat moedeloos word nie… Dawid besef hierdie reus is voor God bitter min … Soos die Here hom beskerm het in die veld waar hy vee oppas, so sal dit ook hier wees. Daaroor het Dawid geen twyfel nie. Dit staan vas: God sal help. God se hulp gaan gebeur. Dawid hou in geloof net aan God vas, al staan die 3 meter reus hier voor hom!!

Goliat is arrogant oor sy mag. Eintlik wys Dawid vir die magtige Goliat, op Goliat se onmag. Die magtige Goliat word ontmagtig en die onmagtige Dawid word bemagtig deur die Almagtige!! Dawid se geloofsbelydenis gaan oor in ‘n geloofsdaad. In die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel.   Dawid weet net eenvoudig hy moet! Martin Luther in sy eenvoud weet net hy moet standpunt inneem teen sy magtige kerk! Dawid se getuienis spruit uit sy persoonlike verhouding met God. Konfrontasie: Goliat se bravade en oormaat selfvertroue, loop uit op sy vernedering veral deur Dawid se geloof in die Here!! Te vol van jouself vir jou persoonlike belang versus oormaat geloof in God oor die koms van Gods koninkryk. Ondervinding met God opgebou. Goliat se geloof in sy eie krag en wapenrusting. Valse geloof en valse sekerheid. Goliat se wapenrusting laat Goliat eerder daarop vertrou. Kyk verby jou eie menslike vermoëns en/of onvermoëns. Om God die Almagtige te sien … al lyk ek hoe goed en die situasie hoe sleg!! Geloof gee my deur die Gees daardie krag om verby die oënskynlike gevaar te sien. Is ek vol van myself oor my selfgeskepte sekerhede? Is ek op die regte boot? Met my eie sekerhede wil ek God se beheer in my lewe op my eie bestuur? Bly ek aan my eie valse sekerhede vashou? … soos Goliat aan sy wapenrusting en krag of my losmaak van eie aardse onmagtige sekerhede en soos Dawid vashou aan die Almagtige God!! Geloof is gelyk aan doen in God se Naam, in God se krag tot God se eer!!

By Dawid se kroning tot koning lees ons hierdie ingrypende getuienis: 1 Sam 16:13 Die Gees van die Here was op hom. Moenie oor hom moedeloos … vir 40 dae is Israel getart en verneder en vir 40 dae het Goliat God verneder en in minute draai God die moedeloosheid om en vernietig die een wat Hom verneder. Jesus verneder, deur die Jode, Pontius Pilatus, gespuug, deur dissipels verlaat. Op Sondagmôre staan Hy op in krag en heerlikheid!