Die verlore seun..?

in Preke
2015-02-08

Leraar : Dr Jerry Fourie

Skriflesing : Luk 15:11-27

Datum : 8 Februarie 2015


Jongmense staan voor ‘n AHA dag in hulle lewens. Dis nie ‘n self op die skouer klop dag nie. Dan het ons en julle iewers bymekaar verby beweeg. Idleman sê: AHA is nie ‘n selfhelp boek nie, nie maar net ‘n boek vir die rakke nie. Kyle Idleman begin: Dis ‘n ek kan myself nie help nie!! Ek en jy is hoegemaand nie in staat om onsself aan ons eie kruisbande uit ons aardse lewens op te tel nie. Ruk jouself reg? Ons in onsself hopeloos. Ons staan hier om God te nooi om ons te herskep!! Dalk ook uit dankbaarheid dat Hy ons herskep het!!

Die hele klem is op die gelykenis van die verlore seun. ‘n Seun wat rebelleer en wat sy erfporsie wil hê. Stap weg van sy ouerhuis en mors spandabelrig alles uit en land op in die varkhok waar die varke se peule die enigste kos in sy hande is. Op daardie moment begin die verlore seun se AHA moment. In sy lewe krepeer hy in ellende, terwyl sy pa se diensknegte en slawe genoeg het om te eet. Dan gebeur daar iets in sy lewe: Hy kom tot besinning, staan op uit die varkhok en vat die pad huis toe. Die duidelik ooglopende prentjie: Awakening, Honesty and Action. Duidelike prentjie van liefdevolle Vader wat vergewe en alles wil herstel.

Awakening: Inkeer. Ek het verkeerd gedoen. Julle het elkeen persoonlik glo ek oor julle eie lewens nagedink. Iewers besef ek is op die verkeerde pad en besef ek is nie instaat om self ‘n verskil te maak nie. Ek moet terug na my Vader. Honesty: Ons is lief om te blameer. Ja dis my oudste broer se skuld. Hy dink hy is so oulik. Eerlikheid beteken ek kyk in my eie lewe in. Action. Hy het opgestaan en na sy vader toe teruggegaan. Wat ‘n moment as God se Heilige Gees my so aangryp dat ek nie anders kan as om uit die haglikheid van my sonde die pad terug vind na die Vaderhuis.

Die einde. Verlore Seun? Nee! Nee laat ons nou nie doekies omdraai nie. Roekelose spandabelrige seun? Wel wel??! Idleman sê nee dis eerder die verhaal van ‘n God wat roekeloos spandabelrig met genade! 7 duidelike merkers. Hierdie Vader het gesien hoe die helfte van sy besittings verkwis word, besittings waarmee kleinboet Hom moes versorg op sy oudag! Hardloop tegemoet, omhels, soen, klere, ring, skoene, vetgemaakte kalf. Julle staan vanoggend hier, ons sit hier, omdat God roekeloos is met sy genade!! Toe ons vuil was, haglik was, sy vyand was, sy seëninge op goedkoop manier verkwis het, het die Vader ingegryp en ons gered!! Sy eie Seun verlaat, bykans in die steek gelaat, laat sterf om ons tegemoet te hardloop met liefde, opstanding en ewige lewe … vir altyd!! Alles alles net genade. Dis oor daardie genade dat ons vanoggend hier in die openbaar wil bely. Hoe gaan ek seker maak dat ek nie hierdie genade verkwis en uitmors nie?


Youtube Skakel https://www.youtube.com/watch?v=UFarZ58Tpv0