Jesus in Getsemane

in Preke
2015-02-17

Weens die kragonderbreking sondag, is daar ongelukkig nie ‘n opname beskikbaar nie.

Leraar : Dr Jerry Fourie

Skriflesing : Matt 26:36-46

Datum : 15 Februarie 2015

Vanuit die Oospoort aan die Noorde kant van die tempel het Jesus en sy dissipels na Getsemané gegaan. Deur die Kedron spruit oppad na die Olyfberg. Getsemané, oliepars, dalk ‘n omheinde olyftuin, met plek waar olyfpars gestaan het. Was die eienaar ‘n volgeling/dissipel van Jesus? Dit lyk so want Jesus en die dissipels het dikwels daarheen gegaan om stilte te soek, bid, rus en slaap. Daar in die tuin word 3 manne uitgesoek en die res agtergelaat. Hierdie 3 word naby Jesus toegelaat om Hom in hierdie krisis met gebed te ondersteun en dra. Jesus het behoefte aan ete en drinke, klere en skuiling, slaap maar gelowiges se daar wees. Hy het hul nodig (donkie by Jerusalem: die Here het hom nodig. Daar het droefheid, vrees, spanning Hom oorval. Ons eet/drink in vrede… Jesus se bitter beker in angs. Waarom… Hy word na alleenheid/eensaamheid gedryf!! Tot op punt: My God, my God waarom het U My verlaat? Doodsangs het Jesus oorval. Ons het die beker in God se Teenwoordigheid. Jesus met sy bitter beker beleef afwesigheid.

Slaap terwyl die Redder swaarkry? Ons moenie vanoggend met skuldgevoelens aan die tafel sit oor die dissipels, die 3 wat Hy spesiaal uitgekies het se min ondersteuning in sy krisis nie. Tog kan mens nie anders as om na jou eie nie-beskikbaarheid te kyk wanneer jy die tekens van die Here Jesus in jou hand neem nie. Hoe gebeur dit en vandag nog?

Dan roep Jesus hulle om te kom. Om daar te wees vir Jesus? Hulle het Jesus gefaal, maar Jesus, sy liefde kan nooit sy kinders faal. Beker in die hand, glasie: Jesus kan ons nooit faal nie! Jesus kan hulle nader trek. Hy het beangs gebid, bloed gesweet, gesmeek dat die bitter beker verbygaan, Hy word versterk deur die engel, die vyandiggesinde Judas is oppad, maar skielik breek die vrede deur in Jesus. Nagmaal bring my nie net in die Teenworrdigheid van God nie, maar laat sy vrede deurbreek.

Haar naam was Laurie, Ek het haar net een maal ontmoet en dit vir minder as ‘n uur. In die ICU van universiteits opleidingshospitaal. Dit was die laaste dag van haar/Laurie se lewe op aarde. Die moeilike daarvan: nie ek of sy het dit daardie stadium geweet nie. In die kort tydjie wat ons saam was, het sy een vraag gevra en een gebed gestotter. Die vraag aan God: Waarom moes ek so baie op aarde ly? Op 36, na ‘n lewe van so baie seer en intense lyding, moes sy nou behoorlik spartel vir elke asemteug en was haar hoop op ‘n long oorplanting wat in elk geval nooit sou gebeur nie. Ek het haar van Jesus Christus vertel e van die hemel waar daar geen lyding is nie. Ek het haar gevra of sy daarheen wou gaan. Sy het beaamend geantwoord en ek het aan haar die weg na die Here Jesus verduidelik. Daarna het ek haar gehelp om in gebed die Here Jesus in haar hart en lewe in te nooi. Sy het haar geloof en vertroue in Jesus alleen bevestig. So het sy vrede en krag gevind onder die slegste denkbare omstandighede, deur ‘n vraag, ‘n gebed en die Teenwoordigheid van God. Voordat die volgende dag kon aanbreek het sy sag heengegaan om by die lewende Here te wees. Gebed in Getsemané met die krag van die groot God se nabyheid.