#imagine 2015

in Nuus
2015-04-22
  • #imagine 2015
  • #imagine 2015
  • #imagine 2015
  • #imagine 2015
  • #imagine 2015
  • #imagine 2015
  • #imagine 2015
  • #imagine 2015
  • #imagine 2015

Op die naweek van die 10de – 12de April is ‘n groep van Alberton-Wes se tieners na die #Imagine-Jeugkamp. Hierdie kamp is vanjaar gehou by Malojeni Game Farm. Tydens hierdie geleentheid was daar sowat 4000 jongmense wat saam die Here geloof en prys het. Daar was ‘n orkes wat aan hoof van die aanbidding gestaan het en tot laat in die aande lofprysingsliedere gesing het. Die jongmense het ook die geleentheid gehad om deel te wees van kleingroepe en kon ook dan individueel deelneem aan werkswinkels en gebedsaksies. Radio Kansel het verseker dat daar heel naweek lank musiek gespeel was. Hierdie kamp was ‘n besonderse geleentheid.

Een van die kampeerders, Kristin Merry (‘n belydende lidmaat van NG Alberton-Wes), deel haar ervaring van die naweek: “Die Imagine kamp kan vir my net deur een woord beskryf word – dit was ‘n BELEWENIS. Die kamp het my oë laat oopgaan vir die dinge wat verkeerd is in die wêreld, maar ook vir dit was reg is. Hierdie kamp het ook vir my gewys hoeveel tieners en mense daar is wat regtig lief is vir die Here en wat Hom eer betoon. Niemand daar het mekaar gejudge nie, want ons almal is kinders van die Here. Dit was net amazing vir my om te beleef en ek sou die kamp vir niks mis nie”.