Van bywoner tot …?

in Preke
2015-07-19
\

Leraar : Dr Jerry Fourie

Datum : 19 Julie 2015

Skirflesing : 1 Kon 17:1        

1 Kon 17:1 Elia dieTisbiet was ‘n bywoner uit Gilead.

Om een of ander rede trek die geskiedenis, die pad wat die Here met Elia stap, my aan. Ek wou vanoggend sommer net so bietjie stilstaan by heilsekerheid: kan ek seker weet ek is oppad hemel toe. Tog het Elia se pad met die Here my pad gekruis. Elia word geroep in ‘n kritieke tyd. Na die skeuring in Salomo se ryk, breek ‘n baie onbestendige tyd aan waarin ‘n magtige profeet verskyn, die man wat nou nog as die oerverteenwoordiger van al die profete gereken word. Hy kom uit Gilead, ‘n bywoner, iemand wat baie arm was en by boere op hul plase gbly het. Hulle het niks besit nie. Baie primitiewe eenvoudige leefstyl. Met die allerminste tevrede moes wees. Tog ryk! God was deel van sy lewe!! In God se hand kon hy voor konings gaan staan, met Baäldienaars afreken.

God kragtig in Elia se lewe Hierdie mens het saam met God die pad gestap, iemand in wie God kragtig was en sigbaar. Elia tog ook by tye maar knorrig en swaarmoedig. Wanneer mens so bietjie stilstaan by Elia, beleef jy iets van wat Teilhard de Chardin oor Jesus geskryf het, uiteraard vanuit Nuwe Testamentiese perspektief: “deurskynend skyn Jesus deur sommige mense asof Hy weer in hulle opgestaan het met sy verheerlikte liggaam, tot versterking van ander se geloof en om die donker wêreld ligter te maak”. Sulke mense tref die mensdom soos ‘n magtige brander wat oor ‘n seemuur spat, soos die krag van die Suidoostewind in Kaapstad wat die rook uit die stad se lug verdryf.

In ons wêreld van beton en TV is hulle skaars, maar hulle is daar. God het baie mense op hulle spesiale plek, mense met spesiale roeping. Baie is dalk nie so opvallend soos Elia en ander nie. In CS Lewis se Screwtape Letters waarsku die ou duiwel die jong duiweltjie om op sy hoede te wees vir ‘n biddende ou tantetjie in ‘n agterstraat in die stad omdat haar gebede so vernietigend die bose teenwerk.

Elia se God is Here! Maar Elia se God, Elia se Here is ook my en jou Here. Dit word elke keer bekragtig in die sakramente. God drie-Enig doen op sy manier die wonders wat Hy deur Elia gedoen het. Op sy manier versorg Hy ons soos wat Hy vir Elia gesorg het. Byv by die spruit toe dit droog was. Op sy manier praat Hy deur die gesuis van die sagte stilte, deur die Woord in my binnekamer, op sy manier help Hy ons weer op ons voete, soos vir Elia. Want presies soos vir Elia, is Hy vir ons Teenwoordig.

Daarom leer ons juis by Elia, God spreek in die massakoor van die “Halleluja”. God spreek in die vuur van die verkrummelde wêreldhandelsentrum, God spreek in die gevoelige knou van die Klipkoppie. In die geraas en gejaag van die verkeer. Maar meeste van ons wil Hom ervaar aan die voet van die kruis, in die inademing van die Heilige Gees, in die teenwoordigheid van sy Woord, in ons aanbidding