SOUT VIR DIE AARDE EN LIG VIR DIE WÊRELD

in Preke
2015-07-28

Leraar : Prop Tessa Freeman (Gesin saal Diens)

Datum : 27 Julie 2015

Skirf : Matteus 5:13-16

Voordat ons vanoggend se teksgedeelte saam lees, wil ek eers vir julle vra of julle weet in watter tyd van die kerklike jaar is ons nou? (Koninkrykstydperk). Ons het mos ‘n hele paar maande terug Paasfees gevier en lydenstydperk en toe het ons mos weer gelees uit die Bybel oor Jesus se pad na Jerusalem en Sy kruisiging. Ons het vir mekaar gesê dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het, sodat ons sondes vergewe sal word en daardeur het ons kinders van die Koning, die Here, geword. So ons koninkrykskinders.

Toe daarna het ons Pinkster gevier. Onthou julle ons het in die Pinkstertyd geleer van Jesus se Hemelvaart en hoedat Hy vir ons Heilige Gees gestuur het nadat Hy hemel toe is. Nou het almal van ons die Heilige Gees, God se Gees, wat in ons woon.

Die tyd waarin ons nou is, Koninkrykstydperk, is die tyd van die jaar waarin ons leer hoe ons, as kinders van die Koning, moet lewe. In hierdie tyd gaan ons leer hoe om soos Koninkrykskinders te leef en ander mense te help om te besef dat toe Jesus gekom het, het die Koninkryk van God alreeds aangebreek.

Die gedeelte wat ons vanoggend uit die Bybel gaan lees, is een van die gedeeltes waarin Jesus vir ons vertel hoe ons moet lewe as kinders van die Koning.

Epiklese gebed

Kom ons lees Matteus 5:13-16 saam:

13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14“Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Jesus sê vir ons in hierdie gedeelte iets baie belangrik: Hy sê ons, wat sy volgelinge is en weet wie Hy is, is reeds geseënd en nou omdat ons Hom ken en weet wat Hy vir ons gedoen het, moet ons tot seën vir ander mense wees. Dit is ampers asof ons ‘n groot geskenk ontvang het en ons nou met ander ons geskenk moet deel.

Dan sê Jesus twee dinge: Eerstens moet ons soos sout wees en tweedens moet ons soos lig wees. Ek wil vanoggend sommer met ‘n eksperiment vir julle verduidelik wat Jesus bedoel hiermee.

Sout eksperiment:

Sout:

  • Bewaar (biltong, elektroniese toerusting ens. As Jesus sê dat ons die sout vir die aarde is, wil hy ons juis gebruik om die aarde en die mense van die aarde te bewaar.)
  • Gee smaak
  • Reinig

Lig eksperiment.

Lig:

  • Wys ons waar om te gaan (loadshedding, straatligte…)
  • Verdryf die donker
  • Bring warmte

Jesus wil hê ons moet Sy liefde en dit wat Hy vir ons gedoen het aan die kruis, met ander mense deel. Elkeen van ons het ons eie talente en ons eie maniere waarop ons Sy liefde kan deel met ander. Ons kan elke dag iets van Sy liefde met ander mense deel: dalk net om gaaf te wees by die skool met ons maats of juffrou, dalk deur te deel met iemand anders wat minder as ons het, om vreemdelinge te groet. Ons moet God se mense en Sy skepping:

  • Bewaar
  • Vir mense wys hoe wonderlik dit is om ‘n Koninkrykskind te wees
  • Vir mense wys ons is skoongewas van ons sondes en dat hulle ook Jesus se vergifnis ontvang het
  • Ons moet ander op die regte pad wys
  • Warmte en liefde bring
  • Sodat die donker en slegte dinge in mense se lewens vir hulle verdryf kan word deur Jesus se liefde

Amen