Kids Games 2015

in Nuus
2015-08-17

Elke jaar word daar tydens die Junie-Julie vakansie ‘n vakansie-program aangebied deur die NG gemeentes van Alberton. Drie weke se pret was verskaf deur NG Alberton-Suid, NG Alberton-Wes en NG Brackendal. Hierdie program, Kidsgames, word aangebied vir enige en alle Laerskool kinders en bied vir hulle die geleentheid om tydens die skoolvakansie besig te bly en meer te leer oor die Bybel, die Drie-Enige God en die lewe van ‘n gelowige. Kidsgames is ook ‘n internasionale vakansie-program wat reg oor die wêreld aangebied word. Vanaf die 6-10 Julie het ‘n groepie van Alberton se tieners die kinders van Ligstad gaan vermaak tydens die skoolvakansie met ons Kidsgames program. Ons het vir ‘n week lank gespeel, saam Bybelstudie gedoen, gedans en sing, kompetisie gehou, gespoeg en plak en sommer net onsself geniet. Daar is hegte verhoudings gebou met die kinders en ons beaam om in 2016 weer soveel pret te hê saam met hierdie groep kinders.