LAERSKOOLKAMP 2015

in Nuus
2015-08-17
  • LAERSKOOLKAMP 2015
  • LAERSKOOLKAMP 2015
  • LAERSKOOLKAMP 2015
  • LAERSKOOLKAMP 2015

Op 7-9 Augustus is vanjaar se Laerskoolkamp gehou by die Sionsbergh kampterrein, net buite Heidelberg. Met baie opgewondenheid het 30 van ons om 17h00 op 7 Augustus vanaf die Kerk vertrek in ons Ligstad bussie. Die hele naweek is gevul met lekker speletjies, kreatiewe aktiwiteite, spanwerk en baie pret. Tydens die kamp het ons saam geleer oor die pad wat Jesus met ons elkeen stap en het ons soggens Bybel gelees, saam gesing en gebid. Die kinders is reeds op die Vrydagaand in 4 groepe in gedeel en hulle moes as groep op ‘n naam en kreet besluit. Op die ou end het was een van die vier spanne bekroon as die wenspan. Ons sien uit na volgende jaar se Laerskoolkamp en ons kan nie wag om te sien wie 2016 se wenspan gaan wees nie!