Kategese afsluiting – VETPRET!

in Nuus
2015-08-17

Vanjaar beplan ons om 2015 se Kategese af te sluit met ‘n naweek vol pret. Dit gaan GROOT wees, dus vertel ons julle solank daarvan. Op Saterdag 28 November 2015, gaan ons ‘n pretdag hou vir al ons kinders. Hierdie gaan ‘n geleentheid wees wat die kinders nie kan misloop nie. Ons gaan lekker speel, eet, lag en mekaar vermaak. Op die Sondag, 29 November, gaan oom Karoolus en Lente by ons kom kuier in die erediens. Hulle gaan saam met ons die Here se Naam groot maak en ons help om die jaar se kategese af te sluit met ‘n onvergeetlike diens. Ons sien reeds baie uit! Maak solank ‘n nota in julle dagboeke, sodat julle nie hierdie opwindende naweek misloop nie.