Jesus voor die Joodse raad

in Preke
2015-09-26

Leraar : Ds. Deon Louw

Datum : 16 Augustus 2015

Skirf : Matteus 27:11-26

Wat gebeur in hierdie verhaal?

Onder Romeinse bewind is dit nie moontlik gewees vir die Joodse Raad om Jesus die doodstraf toe te dien nie. Dit kon slegs gebeur met die toestemming van Rome. Dit is die rede waarom Jesus voor Pilatus moes verskyn.

Jesus swyg ook in hierdie verhaal as teken van Sy onskuld. Die Ou Testamentiese motief van ‘n regverdige man is om te swyg voor sy teenstanders.

Wat staan in die Apostoliese Geloofsbelydenis?

Jesus se lyding is nie net of primêr fisies nie. Geestelik en emosioneel ly Jesus as sy dissipels Hom so dikwels misverstaan en uiteindelik verlaat, verloën en verraai. Hy ly aan die spot van vyande en die verwerping van die Joodse leierskap. Hy ly as hulle Hom as duiwelbesete uitkryt (Joh 10:19, 33). Iets hiervan skemer deur as Jesus vir die twaalf sê: ”Julle is die mense wat deur al my beproewinge by My gebly het” (Luk 22:28). Sy diepste lyding lê egter elders. Dikwels praat Jesus van die “uur” wat sal aanbreek, wanneer sy lyding op die felste sal wees. Die Nuwe Testament praat van die uur waarin Hy oorgelewer word in die hande van sondaars – en dat Hy vir hierdie uur gekom het (Joh 12:27).

  1. Die ganse menslike geslag word verteenwoordig deur die regter, Pontius Pilatus. In die hart van die belydenis word die naam van Pontius Pilatus in

herinnering geroep. Benewens die Evangelies getuig ook 1 Tim 6:13 van Jesus wat die “goeie belydenis” afgelê het “voor Pontius Pilatus”. In die uitleg van die Apostoliese Geloofsbelyde-nis sou hierdie bondige verwysing na ’n historiese figuur meermale die uitleggers boei en aan-leiding gee tot ’n veelheid van pogings om dieper betekenis daarin te ontdek. Die verwysing self vind uiteraard sy direkte aanknoping in die Nuwe Testamentiese beskrywings van die lyding van Jesus. Die vier Evangelies gee byvoorbeeld elk ’n eie blik op Pilatus. Sonder om hoegenaamd op al die trekke van hierdie tekeninge in te gaan kan by wyse van breë oorsig aan enkele bekende aspekte herinner word.

 Markus beeld Pilatus uit as swakkeling wat eerder die mense hulle sin gee as om te doen wat hy weet reg is, naamlik om Jesus vry te laat.

 Matteus vertel hoe Pilatus se vrou droom oor Jesus, maar nogtans veroordeel hy Jesus terwyl hy sy hande in onskuld was. Die skuld rus veral op die Jode.

Lukas skets hom bykans as advokaat vir Jesus wat openlik vir Hom kant kies en drie keer sy onskuld bely. Hy stuur Jesus na Herodes en gee hulle die keuse om Barabbas te veroordeel en Jesus vry te laat, maar sy planne word elke keer gefnuik.

Johannes skets hom as bang regter wat “nog banger” word (Joh 19:8) al verteenwoordig hy die keiser en is hy die magtigste man in Palestina. As die Jode dreig met die keiser, swig Pontius Pilatus voor die druk (vs 12).

  1. Die Bybelse tekening is dramaties en spannend. Pontius Pilatus – die regter wat moet kies tussen die magtige aardse keiser en Jesus, die Koning wie se koninkryk nie van hier is nie, wat gebore is om van die waarheid te getuig. Wat sal sy keuse wees? Selfs sy vrou waarsku hom. Hy probeer ’n uitkomkans kry deur die berugte Barabbas teenoor Jesus te stel en Hom na koning Herodes toe te stuur. Hy laat Jesus gésel deur die Romeinse soldate. Die druk van die massas en die dreigemente van die Joodse leiers dat hy nie ’n vriend van die keiser is as hy Jesus vrylaat nie, word uiteindelik vir hom te groot: hy was sy hande in onskuld nadat hy drie keer verklaar dat hy geen skuld in hierdie Man vind nie. Uiteindelik lewer Hy Hom oor aan die Joodse leiers om Hom te laat kruisig. Jesus ly inderdaad – onder Pontius Pilatus.
  1. Die Apostoliese Geloofsbelydenis meld ook dat Jesus gekruisig is. Weer eens kom dié verwysing vanuit verskeie beskrywings en verwysings in die Nuwe

Testament. Die vier Evangelies gee almal uitvoerig aandag aan die kruisiging van Jesus en Paulus – byvoorbeeld – verkondig Jesus as Gekruisigde, en niks anders nie. Enkele bekende gedeeltes en motiewe herinner daaraan en maak duidelik waarom die Apostoliese Geloofs-belydenis dit ook so sentraal bely.

Volgens Markus het Jesus gekom om sy lewe as losprys te gee vir baie (Mark 10:45). Jesus verwys byvoorbeeld telkens in die Markus-Evangelie self daarna dat Hy “moet” ly, wat dui op die onafwendbaarheid van sy lyding en dood. Die eerste deel van sy verhaal getuig van sukses as Jesus optree met gesag en almal verstom is oor sy optrede. Die tweede deel in Markus – vanaf sy eerste lydensaankondiging – bring groter vervreemding en vyandskap met sy teenstanders. Jesus se pad lei onkeerbaar na die kruis. Die Evangelie van Markus beeld die lyding van Jesus uit teen die agtergrond van Psalm 22. So wil Markus die lesers oortuig dat hulle anders moet dink oor die Messias: al was Jesus se kruisdood skokkend en druis dit in teen die algemene opvatting van ’n Messias wat in die tradisie van Dawid die vyande sal oorwin en aardse vrede en voorspoed sal bring, is Jesus die Seun van die Mens en sy lyding is gewil en beplan, selfs sy godverlatenheid (byvoorbeeld Mark 9:3,4,7; 13:26).

Matteus beeld Jesus uit as Koning wat as lydende Kneg God se beloftes en verbond vervul en vernuwe. Sy vele aanhalings uit die profete en psalms dui daarop dat Jesus se lyding nie maar net toevallig was nie, maar dat Jesus se kruisiging God se weg vir Hom in hierdie wêreld is. Jesus is volgens Matteus die Verlosser wat sy volk van hulle sondes sal bevry en uiteindelik word duidelik dat dit deur lyding en kruis gebeur.

Uittreksel: DIE APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS,’N EIETYDSE UITLEG

ALGEMENE SINODE van die NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Lied 197:1 en 2 “Wonderbare Koning”

Wat beteken dit vir ons?

Elkeen van ons kan getuig dat die lewe se ervarings ons vorm. Die ervarings kan verskil van groot vreugde tot groot tragedie. Maar elkeen kan iets daarvan noem oor wat hierdie ervaring aan jou gedoen het.

Van hierdie ervaring herinner my soms aan my afhanklikheid van God. Daar is soms ‘n belewenis van God se leiding en uitkoms wat Hy gee. Hoe my lewe en my ervarings ookal lyk, mag ek iets daarvan beleef dat God my daar deur vorm.

Wanneer ons terug gaan na Pontius Pilatus was daar ‘n ervaring in ‘n Romeinse leier en ‘n Joodse volk se lewe. Tenspyte daarvan dat hulle hande in onskuld gewas is, het God se redding tog vir hulle ook gebeur. Jesus bring hierna reddding vir die ganse mensdom.

As ons terug gaan na verlede week, waar ons gesels het oor Tomas. Daar sien ons die lyding wat Jesus Christus onder Pilatus gely het. Maar dat maak Tomas die belydenis “My Here my God” wanneer hy hierdie lyding sien. God gebrui ervaring om ons te vorm en ons te verlos.

Jou lewe is dalk betreklik rustig of dalk besaai met teespoed. Jy dra dalk emosionele- en fisiese letsels.

Ervaring laat my ook met ‘n keuse. Eerstens laat ek koers kies en tweedens hoe gaan ek my afhanklikheid voor God verdiep. Die ervvaring in my lewe laat my na God roep. Waarom? Ek wil Sy dieper teenwoordigheid beleef. Ek wil graag Sy liefde ervaar.

“Moenie dink dat jou agtergrond is te opstandig, te moeilik of te sondig” vir jou om God aan te roep of in sy teenwoordigheid te verdiep nie. Mag God jou lewens ervaring gebruik om jou toe te rus en te verdiep in Sy teenwoordigheid.

Lewenservaring leer ons van ons eie karakter en God se getrouheid.

Gely onder Pontius Pilatus het gemaak dat ons ook ons hande in onskuld was alhoewel ons baie baie skuld gedra het. God gebruik hierdie ervaring om Sy reddingsplan vir die mens voortgaan.

Sodat ek en jy in ons lewenservaring God kan aanroep en in Sy teenwoordigheid kan verdiep. Mag jou lewenservaring deur God binnegedring word. Mag Hy jou in jou lewenservaring vorm en versterk. Mag jy iets leer van jou karakter en God se getrouheid.