O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!

in Preke
2015-11-01

Leraar : Dr Jerry fourie

Datum : 1 Nov 2015

Skrif : Rom 11:33-36

Dankbaarheid ‘n offer aan God! Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer Ps 142:1,2. Dankbaarheid = wierook wat God se huis laat lekker ruik. Die waas van geurige heerlikheid dankbaarheid styg op na Hom, die ruimtes van aanbidding gevul. Hierdie verhewe God kom uit sy heerlikheid en heiligheid af na mense toe. Ps 113. Evangelie nie ‘n boodskap nie maar ‘n belewenis van genade!! Ons wil vandag bid, wierook bring voor God. Terselfdertyd wag ons dat God ons met die geur van troos, liefde, genade omgewe. God is so groot dat Hy nie skaam is om klein te word nie!! Ps 113. Mens kan nie reuke en geure op mense uitgooi nie!! Geur op rose? Dankbaarheid is die uitvloei uit my eie lewe en die inburger in Christus deur die HG. Deur Christus se kruisdood kan ek my opneem/opname in Christus en God en die ewige lewe deur sy Gees uitbundig vier. Brood en wyn in hande neem, meer as net mooi trooswoorde. Dis ervaring van Gods genade, terwyl Hy hier teenwoordig is. Dit doen iets aan my. Ek wil so bid.

Lofprys in dankbaarheid: Ek wil so ruik voor God. Terwyl ek lofprys biddend voor Hom is. Hy ons met geur van troos, liefde, genade sal omgewe. Dankbaarheid, offer in hand. Nee ek kom nie betaal nie, Ek kom vier!!/gee. Dawid: Ek wil nie vir die Here ‘n offer gee wat my niks kos nie. Ek kom sit nie hier in die kerk omdat dit ’n las is nie. Ek kom met waardering. Opgewonde. Sy Almagtige Teenwoordigheid bring lig, vreugde!

Napoleon: 1812 ramspoedig Rusland. Russiese soldate herken. Jaag hom. Om hoek in klein pelswinkel. Help my asb!! Steek my weg! Onder hoop pelse. Deursoek winkel. Kon Franse genl nie vind. Storm winkel uit. Jammer u Eksellensie, so pers. vraag: U is bekend vir moed, hoe het u onder pelse gevoel terwyl swaarde daarin steek. Elke oomblik kon u laaste wees. Intussen daag lyfwagte op. Kil en koud sê Napoleon: Hy matig hom aan om Keiser van Fr so intieme vraag te vra. Blinddoek hom, skiet hom dood! Ek sal self bevel gee. Sleep na buite, sit teen muur. Bewend hoor hy hoe gewere gelaai en bevel kom om te mik. Arme man bewe, trane loop deur die blinddoek. Tel sekondes terwyl hy wag vir bevel: Vuur!! Toe voel hy Napoleon se hand op sy skouer. Voor hom het Napoleon gestaan, trane in die oë! Nou weet jy wat ek moes deurmaak en hoe dankbaar ek teenoor jou is!! Dis altyd moontlik om dank-baar te wees vir wat ons ontvang, eerder as om te kla oor wat ons nie het nie. Een van die twee word ‘n lewensgewoonte!

Jesus is Here! God het alles in plek geplaas dat ons Hom hier kan ontmoet. Daarom het ek en jy ons gewone dag se goed net so gelos. Wil hier wees. Saam met opgestane Jesus en die Heilige Gees deel ons aan sy aanbidding. Woord van God met dankbaarheid. Sy tekens van liefde met dankbaarheid. Ons dankbaarheid die wierook om Hom te verheerlik. Uit dankbaarheid gaan deel ek daar buite.