Kersdag – Wie is hierdie Jesus vir my?

in Preke
2015-12-28

Leraar : Dr. Jerry Fourie

Datum : 25 Desember 2015

Skrif : Matt 2 : 1-12

Krip, kruis, kroon. Paar fassette van Jesus se lewe: Waar laat dit my op hierdie vreugdesdag? Die stal so bietjie avontuur, die krip dalk vernederend, die kruis tragies, hartseer, die kroon die volle beloning! Die wyse manne sien die koning, Herodes sien die babatjie as bedreiging. Jesus se koms vir die engele iets groots, die optrede van Herodes so laakbaar hartseer. Die weë rondom Jesus het van meet af verdeeldheid gebring. Mense het op een van 2 maniere reageer op die nuus oor Jesus. Of met verwondering en aanbidding of met ontsteltenis en ongelukkigheid/woede. Ja selfs die mense wat Hom met die laagstes wil gelykstel. Mense se optrede teenoor God laat mens so hartseer en stil?

Daar is dinge met Jesus en sy koms wat ons bly maak en selfs hier binne roer. Ons het tog aangeraak deur die Jesus Kind hierdie dag afgewag! Dinge wat my aanmoedig om in Jesus se Teenwoordigheid in te beweeg. Kersfees maak ons opgewonde oor die Jesuskind. Daar is ook dinge in en om Jesus wat ons huiwerig maak. Wat is die dinge waarvan ons nie hou nie? Jesus nooi sommer enige persoon na Hom. Ons wil dit intiem persoonlik met Jesus hê. Jesus nooi egter ander ook. Daar is snaakse vreemdelinge in Jesus se volgers. Judas? Maak nie sin. Die wyse manne kom met duur geskenke daar aan. Die laeklas herders kom met niks. In Jesus se lewe? Selfs die tollenaars en goedkoop vroue. Maak mens ongemaklik. Sy geboorte in krippie so bietjie romantiek.

Die Verlosser sterf …? Nog iets wat die dissipels baie ongemaklik gelaat het, is Jesus se voortdurende verwysing na die kruisdood wat wag. Dis ook nie lekker dat die skadu van die kruis al hier oor die krippie val nie. Beuchner skryf preek met die verhaal soos wat hy een van die wyse manne aan die woord laat kom. Is dit nie dalk die waarheid, groter as alle waarheid, groter as die sterre, dat om sonder Jesus te probeer leef, ‘n erger dood is as om saam met Hom te sterwe … ?

Frank o Connor se verhaal. Kersfees treintjie persent gekry. Saam toe besoek aflê by klooster. Jong non neem hom na kerstoneel. Jesus in krippie. Hoekom het hierdie babatjie nie.

Maar wat Frank die heel beste onthou: Sy hele lewe deur het hy die gevoel van roekelose vrygewigheid ervaar daar in die kerkie toe hy langs die babatjie in die krippie gestaan en na Hom gekyk het. Hy het geweet … vir Hom sal ek enigiets gee …. Nee sal ek alles gee. Kersfees nooi my: Om vir Hom alles te gee!!