Met God oppad…in afhanklikheid

in Preke
2016-01-25

Leraar : Dr. Jerry Fourie

Datum : 24 Januarue 2016

Skrif : Eksodus 33:14-23

Daar is ongelukkig geen klank opname beskikbaar nie :-(

Die Here wil die volk vernietig. Direkte afloop van die goue kalf. Die proses waar Moses by die Here intree en pleit. Moses gebruik sy bevoorregte posisie by God om Gods guns terug te draai na die volk. Treetjie vir treetjie het Moses die Here gedruk vir groter guns. Eerste toegewing wat Here maak, sien af van plan om volk te vernietig. Dan is Moses weer berg-af. Kyk na gebeure, dan weer berg-op. Nou sal Here hulle nie vernietig, maar engel vooruit stuur. Rondte 3: Moses nie tevrede met engel as plaasvervanger. Al waarmee Moses gemaklik is, as die Here self saamgaan. Al die nasies rondom weet dis die Here se volk! Die Here stem uiteindelik in: Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam.

Die versoek om magtige Teenwoordigheid van God sigbaar te beleef. Moses nie net nuuskierig nie. Hier is iets baie ernstigs in Moses se vraag. Moses wil seker maak dis nie ‘n engel wat saamgaan nie, maar die Here (Ek is), die Heilige by die brandende doringbos, die Een by Wie jy jou skoene uittrek, Hy moet self saamgaan! Moses soek nie vae beloftes nie. Nie nou tyd vir miskiens nie. Moses soek ‘n duidelike antwoord, ‘n versekering, ‘n waarborg.

Moses wil ook nie trek en verder gaan as hy nie verseker weet dat die Here die volk vergewe het. Hy weet daar wag probleme op die pad vorentoe en sonder ware vergifnis, kan dit vorentoe lei tot oneindige probleme. Moses se versoek om God se gesig te sien, in die oë te kyk en te beleef dat die volk regtig vergewe is. Moses bevind hom by kruispad. Hier stap Iemand voor hom. Skielik in hierdie skadu beleef hy God se beskutting. Jesus sou later sê: Almal wat moeg en afgemat is: Kom na My toe. Kom stap hier agter My! (Matt 5:3) Afhanklik

Arm van gees: Die wat werklik niks het om aan vas te hou nie en dan met alles wat hulle het aan die Here vas te kleef. Hierdie mense het nie die triomfantelike geloof gehad nie, het nie bewondering afgedwing nie. Hulle geloof was alles behalwe rustig en vredevol. R Guelich fundi, vertaal hierdie met “desperate”. Verleentheid, verslaendheid, radeloosheid. Wie kom op die punt dat hulle gemoed leeg is? Ekonomiese gebrek kan dalk, Nee radeloosheid bekruip jou uit baie hoeke, radeloosheid is alles behalwe lekker. Wat doen Moses se radeloosheid? Bring hom in die Teenwoordigheid van God? In God die Lig kom daar vir hom Lig!!

Slegte nuus vir Moses, slegte nuus vir radeloosheid: Dis NIKS lekker nie. Wat wys Moses en Matteus ons in Jesus se woorde? Dis nie goeie nuus as jy desperaat of moedeloos is nie, maar dit maak ons ‘n kandidaat vir vreemde geluk! Joh 6:60-71 Mense het weggedraai. Wil julle nie ook maar omdraai en nie verder agter My loop nie. Oomblik van waarheid! Here agter Wie anders kan ons aanstap? U het die woorde wat die ewige lewe gee!! U die Heilige van God. Ons Westerse mense: Onafhanklik, selfstandig! Mens moet na jouself kan kyk!! Ons hou nie van sukkel nie. Onafhanklikheid is towerwoord. Geloof in God eers moontlik as ons kan ontsnap uit die tronk van ons onafhanklikssindroom.

Kan daar geluk wees in ‘n lewe van afhanklikheid? Wie na God draai in verwagting, betree ‘n nuwe wêreld. Die een waar God in beheer is en ek in sy hande!! Daar waar Jesus in Getsemané kan sê: U wil!! Dan begin vrede oor my vloei!