Die Wonder van lewe

in Preke
2016-03-12

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum: 6 Maart 2016

Skrif: Joh 11:33-44

Die wonder van lewe. Lasarus se opwek uit die dood is een van die wonders wat soveel fasette het. Wonderteken wat iets suggereer van wat kom: Opstanding van Jesus. Marta se opmerking dat as Jesus daar was, sou haar broer nie gesterf het nie. Jesus het vir Maria, Marta en Lasarus onselfugtig liefgehad. Selfs as Hy talm, is dit nie ‘n gebrek aan liefde. Lasarus bly in God se program. Alles word bepaal op God se tyd. Dit wat Marta sê en wat sy bedoel en dit wat Johannes nou tussen die reëls uitspel, is so ingrypend. Ja Jesus kan mense totaal uit die dood wegneem … Sekere verwagting en sekere dinge wat sy nie verwag. Wat is die kans dat ons ooit so iets in ons eie omgewing sal beleef? En tog kan ek getuig hoeveel keer het ek soortgelyke ondervindings beleef. Marta en Jesus se gesprek oor lewe en dood.

 Die dood is die terroris wat in God se skepping ingesluip het en daar trane en gebrokenheid saai. Lasarus se dood is ontstellend, maar in God se hand word dit ‘n heerlike Gods-openbaring. Jesus kon bly wees selfs oor die dood van ‘n vriend, omdat die dood in Jesus se hand ongelooflike rykdom inhou. Ons sien aan die einde van hierdie verhaal hoe hartseer omgekeer word na troos, lewe word herstel, baie meer het tot geloof gekom, en Jesus se dood om nuwe lewe te skep, het begin gebeur. God neem ons soms in die donkerste dieptes van seer en swaar dat ons lewens die bewys kan wees van sy krag. Lewe terug uit die graf. Is die graf hier oorwin? Lasarus en ek en jy kan lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook. Jesus daag Marta uit om te vertrou dat Jesus die bron van die ewige lewe is. Terwyl die mensdom in die algemeen dood vrees, hoef die Christen net die sterf moment te vrees. Jesus se kinders sterf nooit, maar gaan net oor van die aardse lewe na die hemelse Here! Vir ‘n Christen is die dood net ‘n opdrag om na die Vader se hemelse tuiste te gaan. Dood vir die gelowige is die einde van lyding en die begin van heerlikheid. Ons soos Lasarus later, kan lewe, maar Jesus moet in ruil in ons plek sterwe.

Ek is die opstanding en die lewe. Leer om in geloof te leef. Glo in die opstanding. Jesus se dood lê bitter hier voor Hom, ook vir Hom wag daar ‘n graf in die tuin van Josef van Arimitea. Ook Hy sal uitstap. Drie dae later. Self uitstap, nie met die doodsdoek aan soos Lasarus nie. Nee sy doodsdoeke sou bly lê. Hy staan op, verheerlik. Na die aardse lewe sal Hy die trane uit ons oë vee, dan sal daar net trane van blydskap wees. Doop die teenaanbod teen die dood. Dood vernietig lewe, die doop skep hoop en nuwe lewe.