Christus het my reeds syne gemaak

in Preke
2016-05-23

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum: 15 Mei 2016

Skrif: Fil 3:12

Christus het my reeds syne gemaak,V 12 Ek sê nie dat ek dit alles al het nie .. Balans: Genade en my verantwoordelikheid Paulus bely: Ek is nie volgroeid in my verhouding met Jesus Christus nie. Ek het nie al die fasette volledig ontwikkel nie. Ek is in my ontwikkelingsjare. Ek het nie die volledige “kennis” en genoeg tyd in Jesus Christus se Teenwoordigheid deurgebring nie. Op die Damaskuspad/aan die kruis op Golgota) het Jesus Paulus volledig weggegryp uit die mag van satan en sonde en vir hom ‘n doel gegee. Christus het Paulus volkome gered en dit staan vir ewig vas. Hoekom het Christus vir Paulus gered? Paulus het ‘n Goddelike doel: Persoonlike geestelike verryking vir Paulus. Diensbaar. Paulus sit alles in die werk om doel te bereik, sy verhouding 100% te kry. Hy wil nie Christus teleurstel. Paulus sê: Ek kan nie nou terugkyk en terugsit nie. Ek kan nie nou op my louere rus nie. Nooit nie!!

Griekse woord epekteinomenos: Ek span AL my kragte in (atleet wat alles insit om wenstreep eerste te bereik). Presies wat Usain Bolt in prentjie verbeeld. Paulus se aandag op Christus en hy sit alles in. God se doel lê voor hom. Filippi se gelowiges: Ons is binne die genade van God. So dit maak nie saak of hulle nou niks vir God doen nie. Hy sal hulle vergewe. Hulle leef tog nou uit die genade! Geen dring-endheid by hulle nie. Hulle verlaag God se standaarde. Geestelike perfeksionisme my doel!

Sy motivering? Jesus Christus het my reeds syne gemaak …! Hier is die tekens op die tafel. Kyk na jou eie doop. Kyk na hierdie kruis. Daar was bloed op Golgota. Die volle prys is betaal. Kyk na Damaskus. Daar lê die Here Jesus deur sy Heilige Gees die hande op Paulus. Gryp Paulus weg uit sy sonde en trek Paulus in God se ewige Teenwoordigheid. Vir altyd. Daar kan niemand maar niemand hom weer kom wegneem nie. Eenmaal Gods kind, altyd sy kind. Daarom voluit vir Jesus. Geen rus-bank gelowige nie. Atleet, soldaat. Daarom kan ons aansit aan hierdie tafel: Vir altyd gered en daarom altyd voluit vir Christus.