Op God Se Skoot

in Preke
2016-06-27

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum : 26 Junie 2016

Skrif: Psalm 131

4 Julie 1997: Merkwaardige datum. Sojourn op Mars. Piepklein onbemande ruimtetuig land op planeet Mars. O die wonder van tegnologie. Die wonder van die mens! Trots op die asemrowende ontdekkingsreis! Prestasies van die mens!! Begin ons ons te gou verbeel dat ons so goed is. Al die pogings om iets baie klein in die skepping te ontwikkel om iets anders wat baie klein is van nader te gaan bekyk? Raak ons dalk in die proses onafhanklik?  Ps 131 sê presies die teenoorgestelde!! Afhanklikheid! Die digter swem hard teen die stroom van onafhanklikheid met ‘n opreg kinderlike gediggie! In drie verse verklaar hy sy totale afhanklikheid van God. Dis so kinderlik en mens moet nie bederf met allerhande ingewikkelde teologiese of filosofiese verklarings vir ons geloofslewe nie. Kinderlik, juis omdat dit in die geloofslewe so absoluut volwasse is. Die delikate klanke van nederige vertroue in hierdie gedig klink soos vredesklokke in die aandskemering van ‘n stil vallei wat die laaste strale van die ondergaande son alles vul met sagte lig.                                                                                                                                                               Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is nie. Digter ken sy plek voor God. Soos Ps 8 staan hy oopmond en blinkoog onder God se sterrehemel. Hy wil dit nie probeer ontleed en verklaar nie. Hy wil hom net verwonder, hy wil God bewonder en God aanbid. Hy sien die maan en Mars en weet dis die werk van God se vingers. Hy sien egter baie meer as net God se handwerk. Wat sien die digter? Die moederlike versorging uit God se hand/hart: Ek het rus en kalmte gevind. Jes 49:15Kan ‘n vrou haar …. Om op die skoot van God te kan sit: rus, kalmte, vrede, tevredenheid. Hierdie klein gediggie gloei van vrede. Dit nooi mens uit, lok jou in, in ‘n wêreld wat so totaal anders is as die onrustige wêreld waaraan ek en jy al gewoond begin raak het. Laat daar maar onrus onder die volke wees, mense in opstand kom, leiers saamspan teen die Here, ons vind rus op God se skoot. Die digter se siel vind rus in God. Hy weet hy is in God se veilige hande en word beskut deur die liefde van sy hemelse Vader.

Wie tot rus kan kom op God se skoot, stap in in ‘n wêreld van HOOP! Ons soek so dikwels ons hoop in ons onafhanklikheid en in die mens se tegnologie. Die uiteinde is dat ons keer-op-keer ontnugter word. Ootmoed voor God en vrede op sy skoot, dis ons Hoop. Ander vorme van hoop is doodgebore. Onthou God se Seun sterf en staan op uit die dood. Lewende HOOP!! Hierdie geloofsbelydenis van die Psdigter dra soveel heilige vroomheid wat dui op die intieme verhouding met God. Ons waar ons God aanbid, beeld juis hierdie intieme verhouding met Hom uit. Iemand wat hier instap, moet juis hierdie intieme verhouding kan beleef