In groen weivelde laat Hy my rus

in Preke
2016-08-29

Leraar: Dr Jerry Fourie

Datum : 21 Aug 2016

Skrif: Ps 23

 Ps 23:2 In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. Ten spyte van al die iPads, selfone, rekenaars, motors, en noem op, gaan dit al erger in ons lewens en ons is gejaag en onder baie stres. Ons is humeurig, kort van draad en praat hard en lelik. Ons mense rus net nie meer genoeg nie. Nou sê die Here Jesus: Kom na My toe almal wat moeg is en te veel laste op die skouers dra. Ons kom Sondag kerk toe om te kom rus!! Hoekom slaap mense? Hoekom rus hulle? Mense is te moeg!! Los alles op die Sondag en kom sit hier in die kerk. Kom bid saam, kom sing saam, kom hou saam Jesus en God se hande. Kom sit net hier op sy skoot en ontspan. Kom weg van die werk en die ou wêreld en sonde en alles wat ons moeg maak!!

 Wat sê Koning Dawid vir ons in Ps 23? Wie was hierdie Dawid. Hy was Koning. Hy was baie besig om oorlog te maak, die land te bestuur. Die Juda provinsie en die Noord-Israel een land te maak. Dan moes hy nog help met al die hofsake, belastings laat opneem, die mense laat tel. Sy huismense wil net met mekaar baklei. Sy vrouens by tye veeleisend! Hy was by tye moeg en het rus nodig. Waar ontvang koning Dawid rus? Die digter ontvang van die Here rus en vrede en nuwe krag. Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Jes 23:12 Ook daar is vir jou geen rus nie. Heb 4:10 Wanneer die Here Jesus in Matt 11:28 sê: Kom na My toe en Ek sal julle rus gee. Wanneer? Elke dag, maar veral op Sondag hier saam met Koning Jesus in kerk!!.

Christus se dringende uitnodiging na die belastes en oorlaaides, so van pas in 2016 soos in Jesus tyd. Hierdie rus nie net die negatiewe afwesigheid van onsekerheid, vrees, angs, hartseer nie. Ook positiewe vrede en gemoedsrus. Natuurlik sal moeilikheid altyd deel wees van ons lewens. Daar is baie druk, probleme, teleurstellings ons lewens vol maak. Tog aan God sal my lewe nooit tekort kom. Psdigter kom tot rus in God. Digter strek hom uit na hierdie rus. Die delikate klanke van nederige vertroue in hierdie gedig klink soos vredesklokke in die aandskemering van ‘n stil vallei wat die laaste strale van die ondergaande son alles vul met sagte lig.

Hierdie klein gediggie gloei van vrede. Dit nooi mens uit, lok jou in, in ‘n wêreld wat so totaal anders is as die onrustige wêreld waaraan ek en jy al gewoond begin raak het. Lok ons in uit die ou wêreld daar buite na hier waar ons saam met Jesus en in Jesus tot ruste kan kom. (Chris Troskie: Vlieg Pta toe. Vanaand is hy by die wyksbiduur). Laat daar maar onrus onder die volke wees, mense in opstand kom, leiers saamspan teen die Here, ons vind rus op God by God se waters. Die digter se siel vind rus in God. Hy weet hy is in God se veilige hande en word beskut deur die liefde van sy hemelse Vader.

Wie tot rus kan kom op God se skoot, hier in die kerk, stap in in ‘n wêreld van HOOP! Ons soek so dikwels ons hoop in ons onafhanklikheid en in die mens se tegnologie. In ons rygoed. In ons versekering. Alles kosbaar en van groot waarde. Maar die rus wat ons werklik nodig het: Lewende Rus uit die hande van die lewende Here Jesus. Op Sondag baie spesiaal hier in sy huis. Saam met medegelowiges!! Die uiteinde is dat ons keer-op-keer ontnugter word. Ootmoed voor God en vrede op sy skoot, dis ons Hoop. Want in hierdie stilte by God vind ‘n mens vertroosting en ware rus.Geniet God se goedheid en vervang jou vrees met ‘n gevoel van diep dankbaarheid vir God se dag-tot-dag daar wees.