Het jy My lief…?

in Preke
2016-12-19

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum: 25 Sep 2016

Skrif:

Joh 21:15-17

Ek kom kerk toe om my liefde vir Jesus te bely. Wat is my reaksie as Jesus die vraag vra: Simon, seun van Johannes, het jy my lief? By die meer, situasie onseker. Jesus verskyn kort-kort uit die dood. Hulle is weg uit Jerusalem terug in Galilea. Is hulle lewens besig om na die ou en normale terug te keer? Kom ek vra u vanoggend: As die Here Jesus vanoggend hier voor ons verskyn en ons persoonlik en direk vra: Het jy My lief? Sal ek geaffronteer voel, sal ek onkant gevang word? Dalk antwoord: Natuurlik het ek U lief! U weet dit net so goed soos ek. Waarom vra U my dit? Ek weet ek is nie volmaak nie, maar ek het U regtig baie baie lief. Met my hele wese!! Petrus klink nie baie oortuigend in sy antwoord nie. Petrus het nog so paar dae tevore nie gehuiwer om te sê almal sal U in die steek laat, maar ek sal nie!! Baie interessant: Die Here Jesus het mense nodig om sy lammers te voed. Enigste kwalifikasie: Het jy My lief, het jy my baie baie lief? Kan ek vandag opkyk na sy kruis en dan onomwonde antwoord: Ek het U lief, ek het U baie baie lief. En ja U kan kyk, my dade getuig daarvan, my hele wese getuig daarvan!

Jesus my eerste liefgehad: Efes 3. Wyd: Reik tot binne-in man wat kerk vervolg; bo-oor dissipel wat wat 3x ontken dat hy Jesus ken; tot in boom waar tollenaar sit; dwarsdeur  misdadiger aan kruis wat in hel moes sterf; so hoog dat die kersengele sing oor God in  hoogste hemel; neerdaal en vrou by put uit putlewe optel, verlore seun uit varkhok gaan haal!!

Daar word vertel van Biskop Berkeley se seuntjie: Pappa wat beteken die woorde Gerubs en Serafs Biskop kon sy seuntjie antwoord: Gerubs = engele met kennis (Hebreeuse woord) en serafs was ‘n Hebreeuse woord  wat vlam beteken. Dit was algemeen aanvaar dat gerubs verwys na engele wat oormaat kennis het, terwyl Serafs is engele met oormaat liefde vir God. Klein vraagsteller: Dan hoop ek wanneer ek eendag doodgaan ek ‘n seraf sal wees. God moet my ken as een wat Hom baie liefhet en nie net iemand met baie kennis oor Hom nie.

Rodney Whitacre vra: Het jy al ooit agter gekom dat net jou kleiner voëltjies sing? Hoor jy ooit groter voëls sing? Hy dink aan kalkoene, volstruise, arende. Kanaries, lewerik of tinktinkie. Die mooiste sang kom van die Christene wat kan wegkyk van hul eie self en die liefde van Jesus Christus in hulle voel bruis. Petrus was vroeër so vol van homself. Nie ek nie Here miskien die ander wat U in die steek sal laat. Die Here soek nou daardie klein voëltjie in Petrus.

Hoe lyk my liefde vir Jesus? Mooi bromvoël of …?. Ek moet baie keer myself afvra of ek ook ‘n bromvoël is, iemand in wie die liefde vir n van Jesus nie sing nie. Die wat nie uit volle bors Jesus se lof en liefde besing nie!! Nee dan verkies ek ook om kanarie te wees wie se vreugde/liefde aansteeklik is. So aansteeklik dat dit ook ander inspireer tot ongelooflike liefdessang!!  Na wie sou die Here God eerder wou luister?! Gebed