Ek dank my God elke keer …!

in Preke
2016-12-19

Leraar: Dr. Jerry Fourie

Datum: 16 Oktober 2016

Skrif: Fil 1:1-8

Die brief van blydskap. Kom Sondag kerk toe omdat ons so dankbaar is. Ons wil elke doelbewus dankbaarheid nastreef. Selfs ook oor daardie dinge wat ons anders sou wou hê. In swaarkry tye as ek dit sou regkry om dankbaar te leef, dan weet ek ek kan omdat ek dit met God se hulp doen. Baie keer waardeer ek eers iets as ek dit byna verloor het, gesondheid nadat ek siek was. Dankbaarheid bars uit in lofprysing. Is my lewe ‘n danklied vir God? In al my gebede bid ek altyd met blydskap. 19 voorbeelde van blydskap. Dis ‘n gevangeneskap brief. Paulus sit iewers in die tronk. Hy het niks verkeerd gedoen nie. Hy werk vir Jesus en die mense het niks daarvan gehou dat hy Jesus liefhet en vir die Here Jesus werk nie. Die mense het toe die solldate omgepraat en hulle het Paulus toegesluit in die tronk. Hy sit daar in Rome en hy verlang na die gemeente in Filippi. Paulus en Silas was juis in hierdie selfde dorpie Filippi ook in die tronk. Meisietjie uit die kloue van geldwolwe gered.

Blymoedige en dankbare mense is singende mense …? Twaalfuur die nag, boeie skoon af gesing, tronk se deure oopgesing. Jesus baie lief en so bly/dankbaar dat Jesus hulle weer gered het uit die hande van die duiwel. Hulle sing nog baie meer! Jesus tot in die hart van sipier en harte wawyd oop vir die Here. Hier weer. Sing met hierdie brief die tronk weg, inspireer mense oor eeue tot vandag. By al die swaar wat apostel ly, was hierdie gemeente sy trots. Blydskap, kroon. Hy was so bly oor hulle. Hy het die Here gedank vir hulle. Hy het gebid vir hulle!! Tronkdeure oop. Harte vir Jesus oop.

Ondankbaarheid is soos onafgehandelde take. Daar is so baie wat God nie in en deur ons kan doen nie omdat ons ondankbaarheid sy werk stuit! Dit is juis die teenoorgestelde as die woorde van die Bybel. Die Bybel beloof dat God wat die goeie werk in hulle begin het, dit sal voltooi. Intussen blokkeer ek God se werk in my. In my ondankbaarheid ontbreek die Christelike volwassenheid om te kan onderskei tussen die werklik belangrike dinge en dit waarvan ons gerus kan vergeet. God laat ten goede meewerk die wat Hom liefhet. Onselfsugtigheid van Paulus v18, 21/22 die lewe Christus, sterwe wins want dan is ons by Christus en Christus by ons. Blydskap in Christus breek tronke en grafte oop. Eutichus lewend gemaak. ! Kor 15:57.

Dankbare gelukkige mense is elke dag besig om God in vreugde te dank!! Dankbaar vir elke stukkie seën uit Gods hand. Dis vir God se kinders ‘n leefwyse. Veral as ek so oomblik gaan stilstaan by Golgota, afstap na die leë graf in die tuin van Josef van Arimatea! Dan wil ek soos Paulus, tronke en hartseer oop sing, ek wil harte oopsing, ek wil die hemelse deure vir mense oopsing!! Gebed, Offergawe, L280:1-3. Seën en Amen

Vergewe my gesanik: Vandag op die bus was die pragtigste meisie met goue lokke! Ek het haar beny. So mooie mens en ek was jaloers. Toe sy opstaan om te loop, sien ek sy het net een beentjie en haar liggaam rus op ‘n kruk. So vriendelike glimlag toe sy verby skuur. Here vergewe my gesanik. Ek het ‘n gesonde liggaam!

Vinnig by die kafee in om iets lekkers te koop. Die seun wat my bedien was so hoflik. Hy was vriendelik en straal warmte uit. Ek sê vir hom dis lekker om met jul te deel. Vriendelikheid is deesdae so skaars. O baie dankie straal sy glimlag toe hy na my toe draai. En ek sien hy is blind. Heer vergewe my gesanik. Ek het soveel meer!!

Oppad in die straat af sien ek ‘n kind met die pragtigste blou oê. Hy kyk toe hoe die ander kinders speel. Dit lyk of hy nie lekker verstaan nie. Ek vra hom toe: Klein vriend waarom speel jy nie saam? Hy tuur voor hom uit sonder reaksie en ek besef hy kan nie hoor. Heer vergewe my gesanik. Ek het soveel meer!!

My voete dra my orals, my oë sien die mooiste goed en my ore hoor elke woord. Ja ek is geseënd in hierdie wêreld! In plaas van ‘n lewe stralend van geluk, hoor u my gesanik! O Here vergewe my!